Een van my gunstelinge op die veiling , wat die besluit baie moeilik gemaak het , om op die veiling te sit of self te gebruik.
Hy is ‘n donker bul met goeie vel en haar en sy manlike houding is baie opvallend. Hy is ‘n poena(Pp) bul wat skoon is van die Q204x geen en sy stamboom is ‘n lus vir die oog. Hy het dieselfe vader ( CSW 14-89) as poena bul CSW 17-184 wat Sernick Bonsmaras by Philip Dreyer van Evenwyd Bonsmaras gekoop het en reeds 5 mede gebruikers op gerigistreer het en tans by Chris Visser van Skatkis Bonsmaras loop. Hier is ‘n poena(Pp) bul wat CSW 01-14 aan beide ouers kante het en AGJ 0008 aan moeders kant. Dan is sy moeder ook die moeder van CSW 17-5 wat verlede jaar die top prys op ons produksie veiling behaal het. Hier is ‘n poena(Pp) bul wat skoon is van die Q204x geen. Moet hom nie mis kyk nie.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook