Ek dink hierdie bul gaan nog vir hom self ‘n merk maak in ons ongelooflike bedryf. Ons het CSW 20-40 dan ook self in ons kudde gebruik.
Hy is ‘n seun van CSW 17-5 wat die hoogste prys op ons veiling velede jaar gekry het. Hy het ‘n gladde haar , mooi skof ontwikkeling en genoeg vleis. Kyk net na sy lyn in sy stamboom .Aan vaders kant CSW 17-5 , CSW 13-253 wat deur Dr Alex Revelas gekoop is , CSW 09-137(Brandoor) LAR 00-84 en AGJ 0008 . Aan moederskant spog hy met BBM 08-30 , WAT 05-342 en BG 96-125. Sy teelwaardes komplimenteer verseker sy voorkoms en dis vir die redes da tons himself gebruik het. Hy het uitstekende seleksiewaardes soos bv. Koeiwaarde 117 , kalfgroeiwaarde 113 , melkwaarde 106 , onderhoudswaarde 101 , vrugbaarheidswaarde van 111 , produksie waarde van 117 en so kan ek aangaan. CSW 20-40 het alles in hom , om ‘n stoetbul in die bedryf te word. Sy moeder CSW 16-133 het ‘n TKP van 409 en ‘n gemiddelde speengewig syfer van 260kg. Sy het dan ook ‘n speengewig verhouding van 50,3%. Haar seleksie waardes is ook van hoogstaande gehalte. Kyk mooi na CSW 20-40
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook