CSW 20-6 se poena geen kombinasies spreek vir hulle self. CSW 09-137 (Brandoor) , MCU 10-109 , BG 02-58 en CSW 01-14 maak sy voorgeslagte se kombinasies iets besonders.
Ons het CSW 20-6 dan ook self op ons verse gebruik. Hy is ‘n donker bul met mooi skof ontwikkeling en is besig om in ‘n prentjie bul te ontwikkel. Sy melk is bo die ras gemiddeld en hy het ‘n kalwingsgemak waarde van 115 , koeiwaarde van 112 en belangrik ‘n vrugbaarheidswaarde van 123. CSW 20-6 is dan ook skoon getoets vir die Q204X geen. Ons beskou CSW 20-6 as ‘n puik bul om jou verse oop te maak.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook