Hier is ‘n bul waar sy syfers en voorkoms mekaar komplimenteer. CSW20-61 is ‘n sterk , goed bevlese bul met syfers uit die boonste rakke. Sy indekse is soos volg: Hy het ‘n koeiwaarde van 117 , melk van 115 , vrugbaarheid van 104 , speenkalf waarde van 123 en ‘n produksie waarde van 118 en so kan ek aangaan.CSW 20-61 is ‘n bul wat julle moet merk. Sy vader is CSW 17-5 wat verlede jaar die hoogste prys op ons veiling behaal het en met ‘n CSW 01-14 , AGJ0008 en CSW 09-137(Brandoor) kombinasie in sy voorgeslagte het CSW 20-61 baie stoet potensiaal.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook