Hierdie bul is een van ‘n paar bulle op die veiling wat my laat wonder of ek hom nie eerder in die stoet moes gebruik het nie. Hy het baie kapasietyd , dra genoeg vleis met ‘n baie mooi gladde haar. En dis nou hier waar ek dink , dat ek hom eers moes gebruik het . Sy voorgeslag se gene is vir my lekker om te sien. Hy het CSW 01-14 en CSW09-137 (Brandoor) aan beide kante van sy ouers. En dan ook VV94-335 aan beide kante van sy moeder se ouers.
Sy vader is CSW 14-89 wat dan ook die vader is van CSW 17-184 wat Sernick Bonsmaras by Philip Dreyer van Memel gekoop het. Daar is ook reeds 5 mede gebruikers op die bul en hy loop tans by Chris Visser van Skatkis Bonsmaras. Dit als laat my wonder of ek nie vir CSW 20-18 eers self moes gebruik het nie. Kyk mooi na die bul.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook