CSW 20-14 is ook een van die bulle wat my laat dink en wonder of ek homself nie eers moes gebruik het nie. Sy vader is ook CSW 14-89 wat hom dan ‘n halfbroer maak van poena CSW 17-184 wat by Chris Visser van Skatkis Bonsmaras loop. Met CSW 14-89 , CSW09-137 (Brandoor) , DBT 03-36 en HOT 98-240 in sy are is CSW 20-14 beslis ‘n bul om in rekening te hou. Sy seleksie waardes komplimenteer sy voorkoms baie goed met kalfgroei waarde van 111 , vrugbaarheidswaarde van 102 en ‘n karkas waarde van 108. Hier is ‘n bul wat net mooier en mooier gaan word. Hou vir CSW 20-14 maar dop. Een van my gunstelinge.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook