CSW 20-59 is ‘n bul wat jy op verse kan gebruik. Hy is glad en donker met ‘n manlike houding. Sy moeder , JJ08-81, is ‘n koei wat my Pa by Oom Hasie Haasbroek as vers gekoop het. CSW 20-59 het ‘n kalwingsgemak waarde van 111 en baie melk met ‘n melkwaarde van 122. Hy is ook skoon getoets vir die Q204x geen , het 34kg geweeg met geboorte en kan met gemak aan jou verse voorgestel word. Ons sien baie potensiaal in CSW 20-59.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook