Hier is ‘n bul wat kort kort my oog in die groep vang. Hy is manlik met ‘n baie goeie skof ontwikkeling en die donker pigment om sy oë is baie opvallend. CSW 20-28 is ‘n kombinasie van CSW09-137 (Brandoor) en MCU 10-109 gene aan vaderskant en CSW 01-14 en BG 02-58 aan moederskant. Sy moeder het ‘n TKP van 433 en ‘n speengewig verhouding van 52,5% met ‘n reproduksie indeks van 101. Met seleksiewaardes soos koeiwaarde 113 , melkwaarde 125 , onderhoudswaarde 117 , speenkalf waarde van 123 en ‘n produksie waarde van 112 , is CSW 20-28 beslis ‘n bul om dop te hou.
Die “kersie op die koek” by CSW 20-28 is da thy poena (Pp) is en skoon getoets is vir die Q204x geen.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook