Nog `n Pioneer 2 dogter. Dragtig (5 maande) van Bruiser DTM18154. Genotipering van die bul is afgehandel en die vaderskap van die vers bevestig. Die moer van die vers het ook `n bewese vrubaarheids rekord. Het reeds ses kalwers in ses jaar geproduseer waarvan vier gekeur al gekeur was met `n TKP van 378. Ons het reeds `n bul en vroulike dier van hierdie koei verkoop. Kom uit `n strawwe rooiwater gebied.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook