Brasim Quagga is ''n uitstaande Vleisberg Quarry seun uit een van die beste Vleisberg koeilyne. Quagga is ''n poenskop bul met been, met breedte, lang boudbespiering, uitstaande diepte, indrukwekkende lengte, baie sterk nek en skof ontwikkeling, maar steeds ''n medium raam bul met baie sterk, uiters korrekte beenstruktuur waarop hy gemaklik beweeg. Quagga is ''n "easy fleshing" bul wat wanneer ons na sy nageslag kyk, hierdie eienskappe aan hulle oordra, en vir daardie rede word ''n semenaaandeel van Quagga behou.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook