Seker die beste LZ1234 seun! Hy word Junior Kampioen op Bloemfontein, Lichtenburg en Royal Skou in 2019. Duo Simbras koop Cruiser as n jong bulletjie vir R280 000 in 2019 en hy trap diep spore by Duo. Verskeie telers K.I. met home n sy eerste kalwers word kampioene op verskeie skoue. Cruiser is maar net 2 jaar maar reeds n nageslag van 156 en seker nog soveel kalwers wat gaan aankom die seisoen. Sy meduimraam, goeie manlikheid en korrekte tipe maak Cruiser die bul om nie te mis nie.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook