Behou twee mede eienaarskappe | Hierdie is ‘n lekker dik mediumraam bul wat kort op die been is en ‘n LAR 14-173 (Maestro) seun. ‘n Bul wat geen bekenstelling nodig het nie veral as jy kyk na sy uitsonderlike balans tussen FENOTIPE en GENOTIPE. ‘n Bul met baie groeie diepte, sterk agter die blad, skoon onderlyn itv skede, goed gevormde testis, goeie kloue, sterk kop, bek en onderkaak. Nog beter is die feit dat ny normal is van die Myosatin geen Q204X.
TEELWAARDES BO GEMIDDELD:
GEBOORTEGEMAK 101
SPEENKALF WAARDE 107
VRUGBAARHEIDSWAARDE 105
KOEIWAARDE 105
GROEIWAARDE 120
KARKASWAARDE 119
OOGSPIER AREA 131
WBB 20-234 se moeder WBB 13-081 vorm deel van my kudde se “ROYAL FAMILIE”.
‘n Pragtige vroulike dier wat mooi wigvormig is en spog met ‘n TKP van 363. Sy is geteel uit WAT 05-078 wat ‘n afstammeling is van WAT 00-200 en BG 96-125 asook uit AG 02-265 en AG 98-338.
Hier is ‘n potensiële stoetbul wat by enige kudde ‘n enorme impak behoort te hê. ‘n Bul wat my opgewonde maak met sy uitsonderlike balans en tipe. Moet hom nie mis nie !
Behou 2 mede eienaarskappe.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook