Behou twee mede eienaarskappe | Hierdie bul het al die fenotipiese eienskappe wat die oog vang en hom aanskoulik maak. Die toonbeeld van manlikheid en balans, met ‘n besonderse toplyn en agterkwart, word beaam deur sy genotipe en ondersteun al die eienskappe wat genoem is. Sy pa is geteel uit ‘n LMR bul wat Neels de Villiers en Martiens Aveling met sukses gebruik het. Die gesegde lui “elke bul het ‘n Ma” en Lot 8 se ma is LMR 13-311. Sy het sewe kalwers gehad op 9 jarige ouderdom. Haar melkwaarde indeks is 101 en 102 vir kalfgemak. Met haar as moeder van hierdie bul, sal LMR 20-268 ‘n aanwins wees in enige kudde, veral as dit kom by aspekte soos bouvorm en kalfgemak by vervangingsverse.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook