Behou twee mede eienaarskappe | ‘n Goed gebalanseerde manlike bul, sterk agter die blad, met diepte en lengte waar baie vleis gedra word. Met sy sterk rug en bene, loop die bul baie gemaklik. Ons het hom al met Fase D keuring raakgesien.
Sy pa LRF 16-068 is ‘n uitsonderlike bul, geteel uit die Bristow Bosveld lyn wat Leon Riekert hoog aanslaan. Die alombekende TBR 91-704 (Die Trein) is aan sy moederskant.
Die ma van 256 kalf op 28 maande, speen reeds vier kalwers met TKP van 359 dae en almal is goedgekeur op ‘n punt van 7 of 8.
Met hierdie kombinasie van ouers, beloof 256 ‘n verdere genetiese sprong in sy nageslag te verwesenlik.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook