‘n Bul met besonderse bouvorm, baie mooi diepte, asook goeie bespiering. Hy het ‘n mooi skede, skrotum en goeie lengte en ‘n breëbek met baie goeie kloue. Die bul se pa is AG14-0092, wat vanjaar die topprys bul op Arthur de Villiers se veilng was. Hy het uitstekende teelwaardes en is ‘n goeie kombinasie van die AG en VV bloedlyne. Ons kan die bul met groot vrymoedigheid aanbeveel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook