Behou een mede eienaarskap, Moer Elite-Brons (23/02/2023) | HC200173 is verseker een van ons heel gunsteling bulle op die veiling! Dit is ‘n bul met uitstekende balans. Hy het ‘n mooi manlike kop, die regte tipe bevlesing/bespiering, toon goeie skofontwikkeling en verdonkering, het ‘n goeie toplyn, goeie kapasiteit, kom laag af in die lies en het ‘n besonderse agterkwart. Behalwe vir sy Vrugbaarheidswaarde (wat nadelig geraak word deur die rekord van sy ouma aan vaderskant), is die res van sy Seleksiewaardes almal 100 en 100 plus. Hier is kalwingsgemak met uitstekende Speenkalfwaarde en goeie Groei-en Karkas waardes. Sy lengte, hoogte verhouding is ‘n uitstekende 1.25. Aan vaderskant is hy uit AG150820 en hy kom uit ‘n EliteBrons koei, HC140122, wat op haar beurt ‘n kalf van FCT110073 is. (Sien lotte 2 en 3.) Hierdie is ‘n bo-gemiddelde bul wat in meeste stoetkuddes ‘n positiewe impak sal maak!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook