HC210169 is die eerste van ‘n aantal bulle op die veiling wat uit vaderskant kom uit AG150820, uit die kraal van AG Bonsmaras van Arthur de Villiers, wat op sy beurt terug gaan na AG120147 en LAR060034 van Up George Bonsmaras aan vaderskant en AG020251 aan moederskant. Aan moederskant gaan HC210169 terug na GCD050148, soos lot 3. Lot 7 dra seker die meeste vleis van al die bulle op die veiling en is besonder geskik vir die teel van speenkalwers. Sy Speenkalf waarde is 111, sy Groei waarde is 121 en sy Karkaswaarde is 124. Hy was met die neem van die fotos ook bietjie af a.g.v. ‘n bakleiery tussen die bulle. Dit het hom tydelik agteruit gesit, maar ons is vol vertroue dat hy weer homself sal wees by die veiling. Hierdie bul dra vleis!
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook