HC200181 is ‘n mooi donker bul met donker pigment. Sy oogbanke is goed ontwikkel en hy het goeie breedte tussen die oë, goeie skofontwikkeling en verdonkering. Hy het goeie kapasiteit, goeie skede en skrotum en staan mooi op sy bene. Sy seleksiewaardes is meestal oor 100 met Speenkalf (112), Koei ( 107), Groei (112) en Karkas (120) sy beste waardes. Desnieteenstaande hierdie goeie syfers ter ondersteuning van groei en die teel van speenkalwers, is sy Geboortegemakwaarde 100. Dit beteken gemaklike kalwing met goeie groei en karkaswaarde! Sy lengte, hoogte verhouding is ‘n baie goeie 1.25. Sy vaar is uit Kruger Bonsmaras, WAT170212. Sy moer gaan terug na PHR150254, wat op sy beurt ‘n seun is van PHR030036, ‘n bul wat diep spore in die bedryf getrap het. Hier is ‘n mooi mediumraam, middel van die pad bul, wat goeie manlike en vroulike kalwers behoort te teel.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook