In stoetkudde op verse gebruik. | HC200081 is een van ons gunstelinge op die veiling! Hy is uit dieselfde vaar as Lot 1, WAT160230 Frikkie Kruger, Kruger Bonsmaras. Aan moederskant gaan hy terug na HC150101 (aan Dr Stephan Wessels – Veearts verkoop), en EMH090119 Eugene Heyns van Tienfontein Bonsmaras, wat weer teruggaan na die baie bekende en prominente bul, AG980338 van oorlede oom Arthur en Arthur (Jnr) de Villiers, nou AG Bonsmaras. Ons het HC200081 in ons stoetkudde gebruik op verse en eerstekalf koeie, soos ondersteun deur sy geboortemassa en teelwaardes. Hy het ‘n sterk, manlike kop met goed ontwikkelde oogbanke en goeie breedte tussen sy oë. Hy beskik oor goeie breedte, ook in sy borsvloer, goeie verdonkering, skofontwikkeling, toplyn en besonderse agterkwart. Sy seleksiewaardes is deurgans bo of naby 100. Hy is sterk op melk, met ‘n speen maternale indeks van 117. Sy regteroor is ongelukkig beseer in ‘n stoeiery met ander bulle, maar dit word geleidelik beter. Dit sal gelukkig nie sy teelvermoë beinvloed nie! Hier is ‘n goeie bul wat reeds dekbehendig is!
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook