HC200103 is ook aan vaderskant uit HC150041, soos lotte 2 en 3. Aan moederskant gaan hy terug na VV080272, wat vir ons ‘n goeie bydrae in ons kudde gemaak het, veral met vroulike diere. HC200103 het ‘n mooi manlike kop met goed ontwikkelde oogbanke en sterk bek. Hy toon goeie skofontwikkeling en verdonkering, hy het ‘n baie mooi toplyn, mooi kruis en stertaanhegting, goeie agterkwart, mooi skrotum en skede en goeie bene en kloue. Het ‘n goeie lengte, hoogte verhouding van 1.22. Sy Seleksiewaardes is meestal net onder of bo 100, wat saam met sy fenotipe hom ‘n veilige, middel van die pad bul (nie ekstreem nie) maak. Dit is ‘n bul wat steeds baie mooi ontwikkel. Ons hou van hom!
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook