HC200157 is uit dieselfde vaar as Lot 2, HC150041. Aan moederskant gaan hy, onder andere, terug na GCD050148, ‘n uitstekende bul wat geteel is deur oorlede oom Glynn Handley van Bathurst. GCD050148 is ook in die kuddes van Up George en Goodwoods Bonsmaras van Justin Stirk met sukses gebruik is. HC200157 is ‘n mediumraam bul met ‘n baie mooi manlike kop met sterk oogbanke en bek, hy toon goeie verdonkering en skofontwikkeling, het ‘n goeie toplyn en mooi, funksionele lang kruis-en stert. Hy is effe teruggesit in sy ontwikkeling na ‘n bakleiery net voor die fotos en videos geneem is, maar ons glo hy sal teen die veiling weer sy eie self wees. Ons hou van hom en dink hy sal goeie vervangingverse teel. Hy beskik egter ook oor die potensiaal om mooi bulkalwers te teel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook