HC210011 is nog een van ons gunstelinge op die veiling! Hy is ‘n jonger bul (2 en ‘n half jaar oud), maar hy is ‘n baie korrekte bul (wat 9 gepunt is tydens keuring) wat baie belofte toon. Daarom bied ons hom vroeg in die veiling aan, al is dit tussen die ouer bulle. HC210011 het uitstekende balans’ lengte, kapasiteit en breedte. Hy gaan aan vaderskant terug na HC150041, ‘n lang donker, manlike bul met uitstekende kapasiteit en bespiering, wat ons aan Jaco Engelbrecht van Diehl Bonsmaras , Jagersfontein verkoop het. Sy vaar, FCT110073, was een van twee uitstaande jong bulle op oorlede Kit Thompson se uitverkoping veiling. Ons het hom saam met Johan Myburgh van Kingsheath Bonsmaras gekoop. Sy vaar, FCT080118, is vir die hoogste prys van al die bulle aan Hansu Trust van oorlede Hansie Steyn op oorlede Kit se veiling verkoop. Dit is ‘n bul wat diep spore in die bedryf getrap het. HC210011 kom uit ‘n vrugbare moederlyn, met ‘n vrugbaarheidsindeks van 103. Hy sal in meeste kuddes ‘n positiewe impak maak.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook