Geskik vir verse | HC210081 is ‘n half broer van lotte 7, 8, 10, 19, 20 en 24. Hul vaar is AG150820. Sy moer is HC120108, met ‘n goeie TKP van 380 dae en ‘n gemiddelde speenindeks van 100 oor 8 kalwers. Haar vaar is LMR080047 uit die Limerick Bonsmara kudde van Paul Maree. Sy vaar is LAR030052. Fenotipies is hy ‘n medium raam bul met ‘n mooi kop en sterk bek, hy toon goeie verdonkering, sy toplyn is goed, hy het voldoende kapasiteit, ‘n mooi skede en goed gevormde skrotum. HC210081 se Seleksiewaardes is bo gemiddeld vir Geboortegemak (113) en Onderhoudswaarde (105). Sy Seleksiewaarde vir geboortegemak, saam met sy geboortemassa van 32 kg en bouvorm, ondersteun sy geskiktheid vir gebruik op verse.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook