HC210133 is nog ‘n seun van HC180081 (sien Lot 31), wat op sy beurt ‘n seun van FCT110073 is. Sy moer is HC150006, met ‘n goeie TKP van 376 dae en ‘n gemiddelde speenindeks van 101/6 kalwers. Sy gaan terug na, onder andere, haar vaar EMH090119 (sien lotte 5 en 12) en KHB040196 uit die Kingsheath Kudde van Johan Myburgh. HC210133 is ‘n donker, besonder manlike, vlesige bul met ‘n baie mooi sterk kop en bek, goeie skofontwikkeling en verdonkering, baie goeie kapasiteit, mooi skede en goed gevormde skrotum. (Moenie dat die wit onder pla nie. Daar is ‘n bekende, ou Bonsmara teler wat hou van wit op die uiers van koeie, want hy glo dit wys hulle het baie melk! So 8 op ‘n ligte trant, tong in die kies!) Die mooi fenotipe van HC210133 word ondersteun deur goeie Seleksiewaardes vir Speenkalf (102), Onderhoud (102), Groei (105) en Karkas (105). HC210133 is weereens ‘n mooi, middel van die pad (nie ekstreme) bul. Ons gaan waag om te sê, hierdie bul gaan mooi kalwers teel, beide bul-en verskalwers!
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook