Geskik vir verse | HC210091 is aan vaderskant uit AG150820, wat hom ‘n half broer maak van Lotte 7, 8, 10, 19, 20, 24 en 29. Aan moederskant gaan hy terug na KHB040196 (sien lot 28) en PHR050254 (sien lot 6 en 9). Hy is ‘n mooi donker, medium raam , manlike bul wat sy kop mooi hoog dra. Sy skofontwikkeling is goed en die mooi haar op sy skof ondersteun die manlikheid en hormoon balans van hierdie bul. Hy het ‘n goeie toplyn, goeie kapasiteit en mooi skrotum en skede. HC210091 beskik oor baie goeie Seleksiewaardes. Dit is ‘n veelsydige bul wat ons dink met veiligheid op verse gebruik kan word, soos ondersteun deur sy Geboortegemak Waarde van 103, geboortemassa van 37 en spesifiek sy bouvorm, wat nie grof is nie. Hierdie is ‘n mooi, middel van die pad bul (nie ekstreem nie). Sy verskalwers kan met vrymoedigheid teruggehou word as teeldiere.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook