HC210047 is ‘n kalf van Lot 31, HC180081, wat op sy beurt weer ‘n kalf van FCT110073 is. Aan moederskant gaan hy terug na HC080179 (sien lotte 5, 14, 17 en 22), asook GCD050148 (sien lotte 3, 7 en 9). HC210047 het sy potensiaal as bul reeds van kleintyd getoon. Tydens ‘n besoek van ‘n groep Bonsmaratelers uit die Oos-Kaap sowat 20 maande gelede, het Justin Stirk hom dadelik raakgesien en uitgewys, terwyl hy nog by sy ma geloop het. Hy is ‘n mooi manlike, vlesige, medium raam bul met ‘n sterk bek, goeie lengte en toplyn, uitstekende kapasiteit en goeie agterkwart, skrotum en skede. Sy lengte, hoogte verhouding is ‘n mooi 1.23, wat dalk effe verbloem word deur sy besonderse kapasiteit. Sy Seleksiewaardes vir Speenkalf (120) en Karkas (114) is baie goed en ondersteun sy gebruik vir die teel van speenkalwers. Ons dink egter dat hierdie bul baie beter is as om net speenkalwers mee te teel. Dit is ‘n mooi, middel van die pad bul met ‘n klomp plus punte wat by uitstek baie goeie vervangingsverse behoort te teel.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook