Geskik vir verse | HC210113 is aan vaderskant uit KHB180252 (sien lot 21). Sy moer, HC130134, het ‘n TKP van 377 dae oor 7 kalwers met ‘n gemiddelde speenindeks van 106/7. Sy gaan terug na HC080179 (sien lotte 5, 14, 17, 22 en 25). Hy is ‘n “mooi besnede” baie korrekte bul met goeie balans en ‘n besonderse mooi vel en haar. HC210113 is ‘n bul wat volgens sy BLUP data/Seleksiewaardes, geboortemassa en bouvorm, besonder geskik is vir gebruik op verse. Sy lengte, hoogte verhouding is ‘n baie goeie 1.24. Hy het oor die algemeen baie goeie Seleksiewaardes, met gemak van kalwing (126), Vrugbaarheid (113) en Koeiwaarde (117) wat uitstaan. Indien jy ‘n mooi, middel van die pad (nie ekstreme) bul benodig vir gebruik op verse en wat kom uit vrugbare voorgeslagte, kyk goed na hierdie bul.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook