HC210103 is ‘n half broer van Lotte 7, 8, 10, 19 en 20. Hulle deel dieselfde vaar, AG150820. Aan moederskant is hy ‘n seun van ‘n FCT110073 dogter, soos in die geval van lotte 8, 10, 13, 19, 20 en 23. Hy is weereens uit die wenkombinasie van AG150820 met dogters van FCT110073. HC210103 is fenotipies ‘n bul met baie goeie balans, hy is manlik met ‘n mooi sterk bek, goeie skofontwikkeling, verdonkering, toplyn en bespiering, besonderse agterkwart en goed gevormde skrotum. Sy gang is mooi en gemaklik en is ‘n bul met goeie temperament, wat selfvertroue uitstraal. Sy Seleksiewaardes is baie goed t.o.v. Speenkalf (119), Onderhoud (111), Koei (105), Groei (117) en Karkaswaarde (118). HC210103 is ‘n mooi mediumraam bul met goeie groei. Dit is die regte tipe bul vir die teel van vervangingsverse. Ons dink hy sal ‘n positiewe bydrae in meeste kuddes maak.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook