Geskik vir verse | HC210035 is aan vaderskant uit KHB180178 van Johan Myburgh se Kingsheath Bonsmaras. Aan moederskant gaan hy terug na HC080179 (sien lotte 5, 14 en 17), asook VV080272 (sien lotte 4 en 18). HC210035 spog met van die beste Seleksiewaardes op die veiling, met alle waardes bo 100. Sy lengte, hoogte verhouding is ‘n mooi 1.22. Volgens sy BLUP waardes, geboortemassa en bouvorm, is hy geskik om op verse gebruik te word. Fenotipies het HC210035 goeie breedte tussen die oë, hy toon goeie skofontwikkeling en verdonkering, hy beskik oor ‘n goeie toplyn, mooi gladde vel en haar, ‘n pragtige skrotum en baie mooi skede. Hierdie is ‘n mooi middel van die pad, veelsydige bul wat op verse en ook later op koeie gebruik kan word en wat veral goeie vervangingsverse behoort te teel.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook