HC210037 die eerste van die 2 jaar oud bulle wat op die veiling aangebied word. Soos die bulle jonger word, is dit belangrik dat mens na hulle as ‘n groep jonger bulle kyk en nie direk vergelyk met die ouer bulle nie. Die ouer bulle is wel ‘n aanduiding van hoe die jonger bulle oor ses maande en ‘n jaar van nou af gaan lyk! HC210037 is een van ons gunstelinge van die veiling. Sy vaar is KHB180252 van Kingsheath Bonsmaras van Johan Myburgh. Sy moeder is ‘n FCT110073 kleindogter. Fenotipies is hy ‘n baie korrekte, manlike, medium raam bul (8 gepunt tydens keuring) met ‘n mooi sterk bek, goeie skofontwikkeling, goeie verdonkering, goeie lengte, hoogte verhouding van 1.21 en ‘n baie korrekte, goed ontwikkelde skrotum en mooi skede. Hy staan baie mooi op sy bene en loop gemaklik. Hy is breed, hy is vol agter die blaaie en hy is vol in die dye, wat mooi laag afkom. Hy het voldoende bespiering en ‘n mooi funksionele lang stert. Hierdie is ‘n bul vol potensiaal en belofte wat ‘n aanwins in meeste kuddes sal wees!
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook