HC210009 is ‘n half broer van Lotte 7, 8, 10 en 19. Hulle deel dieselfde vaar, AG150820. Sy moeder is, soos in die geval van Lotte 8, 10, 13 en 19, ook ‘n dogter van FCT110073. Die gebruik van AG150820 op die dogters van FCT110073, blyk ‘n wenkombinasie te wees! HC210009 is ‘n donker, medium raam, manlike bul met gladde haar en goeie verdonkering. Hy stap gemaklik en het ‘n mooi skrotum en relatiewe goeie skede. Hy het relatief goeie seleksiewaardes, waarvan Speenkalf, Onderhouds, Groei en Karkas waardes die beste is. Hierdie waardes is ondersteunend vir speenkalf produksie en lae onderhoud op die veld.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook