HC210029 is ‘n half broer van lotte 7, 8 en 10 deurdat hul vaar AG150820 is. Sy moeder is, soos in die geval van Lotte 8, 10 en 13 ook ‘n dogter van FCT110073. Hierdie is ‘n medium raam bul waarvan die bouvorm en Seleksiewaardes die teel van swaar speenkalwers ondersteun. Hy self dra baie vleis, het ‘n mooi manlike kop, sterk bek en nek, goeie kapasiteit, gladde haar en goeie skrotum. Hy het effe van ‘n naelvel/skede, maar hy beheer sy skede goed, veral wanneer hy loop. Die ekstra vel gaan natuurlik ook weer saam met goeie groei, wat weereens verwys na ‘n bul vir die teel van speenkalwers. HC210029 se seleksiewaardes vir Speenkalf is 125, vir koei waarde is 110 en sy Karkaswaarde is 122. Dit is die beste van alle bulle op die veiling! Gebruik hom op volwasse koeie.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook