In stoetkudde op verse gebruik. | HC200087 is een van ons gunstelinge op die veiling! Hy is ‘n seun van WAT160230 uit die Kruger Bonsmara kudde van Frikkie Kruger. Aan moederskant gaan hy terug na JRB080018 van Gavin Bristow, asook na FCT110073 (sien Lot 2) uit die kudde van oorlede Kit Thompson. HC200087 is ‘n mooi donker medium tot kleiner raam bul waarvan die teelwaardes en geboortegewig by uitstek ondersteunend is vir gebruik op verse. Hy het ‘n baie goeie Speen Maternale indeks van 122. As jy melk in jou kudde wil ondersteun, sal hy vir jou ‘n goeie bydrae maak! Ons het hom in ons stoetkudde op verse en eerstekalf koeie gebruik. HC200087 is ‘n bul met ‘n trotse houding, ‘n uitstekende lengte, hoogte verhouding van 1.25, met baie goeie sprong van rib en kapasiteit. Ons slaan hom hoog aan!
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook