Moer Elite-Goud (17/02/2021) | HC210027 na Lot 2 die volgende jonger bul wat aangebied word. Hy is die tweede van vier plus minus twee en ‘n half jaar oue bulle. Aan vaderskant is hy uit HC150041 (sien lotte 2, 3, 4, 16 en 17) en is dus ‘n half broer van genoemde lotte. Aan moederskant is gaan hy terug na VV080272 (sien Lot 4) en GZV02011 van Gerrit van Zyl van Hanzyl Bonsmaras. Sy moeder is ‘n Elite-Goue koei (17/02/2021). HC210027 se seleksiewaardes is baie goed. In besonder sy Vrugbaarheidswaarde, Koeiwaarde, Speenkalfwaarde, Onderhoudswaarde en Karkaswaarde. Fenotipies het hy ‘n mediumraam bul met ‘n mooi sterk bek, goeie verdonkering, mooi toplyn en ‘n mooi skrotum en skede. Hy behoort goeie speenkalwers te teel en met sy medium raam en goeie Seleksiewaarde vir vrugbaarheid (115), behoort hy ook goeie vervangingsverse te teel.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook