HC200095 is aan vaderskant uit HC150041 (sien lotte 2, 3, 4 en 16) en is dus ‘n half broer van genoemde lotte. Aan moederskant gaan hy terug na, onder andere, HC0800179 (sien lotte 5 en 14). HC200095 is ‘n indrukwekkende lang, donker bul wat waarskynlik nou selfs ‘n beter verhouding wys as sy goeie 1.21 lengte, hoogte verhouding na sy Fase D toets. Hy dra sy kop mooi hoog, het ‘n mooi sterk bek, goeie skofontwikkeling en verdonkering, goeie bespiering, uitstekende toplyn, mooi skrotum en skede en goeie bene. Hy stap baie gemaklik. Sy Seleksiewaardes vir Speenkalf, Vrugbaarheid, Onderhoud, Koeiwaarde en Karkaswaarde is almal baie goed. HC200095 is ‘n bul met vele goeie eienskappe en ons dink hy kan nog baie mooi verder ontwikkel.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook