Geskik vir verse | HC200123 is aan vaderskant uit HC150041 (sien lotte 2, 3, 4) en is dus ‘n halfbroer van genoemde lotte. Aan moederskant gaan hy terug na, onder andere, WAT050148 van Kruger Bonsmaras van Frikkie Kruger, seun van Genepoel se BG960125, baie bekende en prominente bul in die Bonsmara bedryf. HC200123 is ‘n donker, gladde haar bul wat goeie verdonkering toon met haar op skof (wat sekondêre teken van manlikheid is). Hy het goeie kapasiteit en ‘n mooi skede en skrotum. Die bouvorm, geboortemassa van 34 kg en Seleksiewaardes van HC200123, spesifiek Geboortegemakwaarde (110), is alles ondersteunend van ‘n bul wat mens kan verwag om veilig op verse te gebruik. Hendri Viljoen van Ricon Boerdery het hom aan die begin van die jaar as leenbul op verse gebruik en hy het baie goed gedek. Hy is dus reeds dekbehendig, iets waaraan ons veearts, Dr Stephan Wessels, baie waarde heg.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook