HC200071 is aan vaderskant ook uit HC150101 (sien lotte 5 en 14) en aan moederskant gaan hy terug na HC080179 (sien lotte 9 en 12) sowel as HC080146 (die bul op die fotos op die borde langs die pad, naby ons krale). Hy is ‘n seun van HC050039 (AG J 0008) en gaan aan moederskant onder andere na AG D 0103 en JRB N 0116. Dit is ‘n dik stroom goeie gene! HC200071 is ‘n lang bul met goeie lengte, hoogte verhouding van 1.21, hy het besonder gladde vel en haar, goeie verdonkering, skrotum en skede. Sy Seleksiewaardes is baie goed op Onderhoudwaarde (123) en goed op Speenkalf (104), Groei (108) en Karkaswaarde (105). Hy behoort swaar speenkalwers te teel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook