HC200129 is ‘n mooi middel van die pad mediumraam bul met besonderse gladde vel en haar. Aan vaderskant is hy uit KHB170105 van Kingsheath Bonsmaras van Johan Myburgh en aan moederskant gaan hy terug na FCT110073 (sien lotte 1, 2, 3, 4, 8 en 10. Die bydrae wat FCT110073 deur, veral sy vroulike nageslag, in ons kudde gemaak het, word goed weerspieël deur die hoeveelheid/persentasie bulle waarin hulle voorkom in voorgeslagte. Dit was ‘n besonderse bul!) HC200129 het ‘n mooi, sterk manlike kop, goeie kapasiteit, het ‘n mooi skrotum, het goeie balans, relatief fyn been (kalwingsgemak) en stap mooi gemaklik. Sy lente, hoogte verhouding is ‘n goeie 1.24. Sy Seleksiewaardes is mooi rondom die gemiddeld van 100. Hy behoort goed te vaar met die teel van speenkalwers, maar spesifiek ook met die teel van vervangingsverse .
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook