HC200073 is ‘n halfbroer van lotte 1 en 5. Hulle deel dieselfde vaar, WAT160230. Aan moederskant gaan hy terug na HC080179 (sien lot 9) en EMH090119 (sien lot 5) van Eugene Heyns. HC200073 is soos lotte 1 en 5 besonder sterk op melk met ‘n speen maternale indeks van 122. Sy lengte, hoogte verhouding is ‘n goeie 1.22. Fenotipies is hy ‘n medium raam bul met sterk oogbanke en bek, goeie verdonkering, toplyn, skrotum en bene. Sy Seleksiewaardes is goed met Speenkalf (104), Koei (104), 4 Groei (105) en Karkaswaarde (118) wat uitstaan. HC200073 dra baie vleis, het self swaar gespeen en behoort swaar speenkalwers te teel.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook