In stoetkudde op koeie gebruik. | Ons het HC180081 in ons stoetkudde op koeie gebruik. Hy is ‘n seun van FCT110073 (sien lotte 2, 3 en 8). Sy moeder was ‘n baie goeie koei, HC080034, uit PHR050254 (sien lotte 6, 9 en 30). HC080034 het die eerste keer op twee jaar gekalf en daarna elke jaar, om af te sluit met 9 kalwers oor 11 jaar en met ‘n gemiddelde speenindeks van 101/9. Daar is besonderse goeie vrugbaarheid in die voorgeslagte van hierdie bul, vandaar sy Vrugbaarheid seleksiewaarde van 112 en Koeiwaarde van 113. HC180081 kon ‘n sterker kop gehad het, maar sy vaar se sterk kop kom deur in sy nageslag. Ons het twee jong bulle van hom teruggehou in sy plek, beide met besondere sterk koppe en een met mooi donker pigment ook. Sien ook die sterk koppe van lot 28, wat ‘n kalf van hom is, sowel as lot 25. HC180081 is beskik oor goeie breedte. Hy toon goeie verdonkering, het goeie lengte en kapasiteit, sy skilpadspier is goed ontwikkel en hy het ‘n goeie skede en skrotum. HC180081 teel goed, ook vroulike diere. Ons kon hom vervang met twee baie goeie bulkalwers van hom en daarom verkoop ons hom terwyl hy nog relatief jonk is, eintlik in die fleur van sy dekleeftyd. Kyk mooi na hierdie bul en dink goed oor hierdie bul. Hy is nog relatief jonk, is reeds dekbehendig, beskik oor besonderse Seleksiewaardes en kom uit baie vrugbare voorgeslagte.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook