HC200097 is ‘n halfbroer van lotte 6 en 9. Hulle deel ‘n vaar, WAT170212. Aan moederskant is hy uit ‘n baie vrugbare koei, HC110100, met ‘n TKP van 364 dae oor 7 kalwers met ‘n gemiddelde speenindeks van 100. HC200097 toon goeie skofontwikkeling, het besonderse lengte en kapasiteit, maar steeds ‘n goeie toplyn. Sy lengte, hoogte verhouding is ‘n goeie 1.23. Hy is mooi vol agter die skouers, sy skilpadspier is mooi ontwikkel en sy dye kom mooi laag af. Hy het besondere gladde vel en haar en was selfs in die winter glad en blink. Wat sy seleksiewaardes aanbetref, is hy sterk op Speenkalf (108), Groei (15) en Karkas waarde (118). Nog ‘n veilige, middel van die pad bul wat mooi kalwers van beide geslagte behoort te teel, maar veral vroulik.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook