Ons het HC200159 in ons stoetkudde gebruik en hy is een van ons gunstelinge op vanjaar se veiling. Hy is geteel uit AG150820, wat teruggaan na LAR060034 en AG020251. Sy vaar is deur DNA bevestig. Hy is geteel uit ‘n vrugbare moeder, HC140004, ‘n dogter van FCT110073, ‘n bul wat ons saam met Mnr. Johan Myburgh van Kingsheath Bonsmaras gehad het en wat ‘n besonderse bydrae tot ons kudde gelewer het. HC140004 is ‘n uitstaande koei en is steeds in ons kudde. Sy het 7 kalwers gehad, 6 is reeds gekeur, almal is goedgekeur, 3 is 7 gepunt en 3 is 8 gepunt! HC200159 is ‘n mooi donker bul met uitstekende kapasiteit en lengte, asook ‘n baie goeie lengte-hoogte verhouding van 1.25. Hy beskik oor uitstekende Seleksiewaardes en is besonder sterk op Speenkalf en Karkaswaarde. Hy is getoets vir en vry van al drie dubbelbespiering gene. HC200159 behoort ‘n goeie bydrae te lewer in meeste stoetkuddes.Kuddevaar, Seleksiedata gunstig vir gebruik op verse
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook