HC220009 verpersoonlik ‘n sogenaamde “harde bul”, as so-iets wel bestaan! Kyk sy goeie kapasiteit en prominent skilpadspier en mooi houding! Hy is aan vaderskant geteel uit WAT160230 en aan moederskant gaan sy voorgeslagte terug na FCT110073 en HC080179, wat op sy beurt teruggaan na Umphukane se baie bekende PHR030036. HC220009 het amper deurgans uitstekende Seleksiewaardes en hy is besonder sterk op melk en skrotumomvang. Hy is vry van die Q204X dubbelbespiering geen, die geen wat mees algemeen in die ras voorkom.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook