HC210055 is ‘n seun van HC180081, wat verlede jaar die duurste bul op ons veiling was en gekoop is deur Mnr. Johan Myburgh van Kingsheath Bonsmaras. Hy is uit ‘n baie vrugbare moer, HC140086, wat steeds in ons kudde is. Sy vaar en moer is met DNA bevestig. Ons het hom in ons stoetkudde gebruik op koeie. HC210055 is ‘n besonders manlike bul met ‘n mooi kop en baie sterk bek. Hy toon goeie verdonkering en skofontwikkeling. Sy skrotum en skede is netjies. Sy Seleksiewaardes ondersteun goeie groei, hy het ‘n goeie lengte-hoogte verhouding van 1.21 en is uit ‘n besonders vrugbare moeder. Hy is getoets vir en vry van al drie die dubbelbespiering gene.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook