HC210095 is aan vaderskant geteel uit KHB180252 van Kingsheath Bonsmaras van Mnr. Johan Myburgh. Aan moederskant is hy geteel uit AG Bonsmaras en Umphukane Bonsmara lyne. Sy vaar en moer is met DNA bevestig. Ons het hom in ons stoetkudde gebruik op koeie, maar sy Seleksiewaardes is gunstig tov kalwingsgemak en ondersteun ook goeie groei. Dit is ‘n manlike bul met mooi gladde haarkleed en goeie verdonkering, goeie toplyn en skofontwikkeling en hy is getoets vir en vry van al drie dubbelbespiering gene. Op koeie gebruik, maar seleksiedata gunstig vir kalwingsgemak.
Share
Whatsapp
Email
Twitter
Facebook