HC220109 is aan vaderskant geteel uit CEF190364 (Lot 12) en aan moederskant gaan hy terug na WAT160230. Beide hierdie voorgeslagte van hom is op verse gebruik en sy eie Seleksiewaarde vir geboortegemak ondersteun kalwingsgemak. Wat opvallend van HC220109 is, is sy mooi skofontwikkeling vir so ‘n jong bul. Hy het ook ‘n mooi sterk, manlike kop met ‘n sterk bek en sterk oogbanke. Sy verdonkering en toplyn is baie goed, hy het ‘n mooi lang, dik, funksionele stert, hy is mooi vol agter sy blaaie en het voldoende kapasiteit. Sy skrotum is mooi gevorm en hy het ‘n netjiese skede. Hy het baie mooi, kort hoewe met haarlyne wat bykans horisontaal is. In terme van BLUP is hy sterk op melk en skrotumomvang. Sy Seleksiewaardes is oor die algemeen relatief goed. HC220109 is getoets vir Q204X en nt821 dubbelbespiering gene en is vry daarvan. Seun van Lot 12, Seleksiedata gunstig vir kalwingsgemak
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook