HC220023 is ‘n halfbroer van Lot 5, HC200159 en een van ons gunstelinge op vanjaar se veiling! Hy is aan vaderskant geteel uit WAT160230 en sy ma is HC140004, ‘n dogter van FCT110073, ‘n bul wat ‘n besonderse bydrae tot ons kudde gelewer het. HC140004 is ‘n uitstaande koei en is steeds in kudde. Sy het 7 kalwers gehad, 6 is reeds gekeur, almal is goedgekeur, 3 is 7 gepunt en 3 is 8 gepunt! HC220023 is manlik, hy het pragtige gladde vel en haar, toon goeie verdonkering, hy is lank, hy het ‘n goeie toplyn, hy het ‘n mooi, lang kruis, netjiese stertaanhegting, funksionele lang stert, goed gevormde skrotum, voldoende kapasiteit, goeie breedte in sy borsvloer en ‘n besonderse agterkwart! Sy lengte-hoogte verhouding is ‘n baie goeie 1.25. Hy het uitstekende Seleksiewaardes en dit is ondersteunend van Kalwingsgemak. Hy is getoets vir die Q204X en nt821 dubbelbespiering gene en is skoon daarvan. Ten tye van die skryf hiervan, wag ons nog op die uitslae van die F94L geen en verwag dat hy ook skoon daarvan sal wees. Hierdie is ‘n bul wat beslis ‘n goeie bydrae in meeste kuddes sal lewer, stoet en kommersieel. Kyk maar mooi na hom! Seleksiedata gunstig vir kalwingsgemak
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook