HC220111 is ‘n mooi donker bul en is aan vaderskant geteel uit ALF190140. Aan moederskant is hy uit ‘n dogter van EMH100119 van Eugene Heyns, wat terug gaan na AG040306 van Arthur de Villiers. HC220111 gee mens die indruk hy is gemaklik in sy vel. Hy stap ook lekker gemaklik. Sy verdonkering is goed, hy het ‘n goeie toplyn en het voldoende kapasiteit. Hy het ‘n goed gevormde skrotum en netjiese skede. Opvallend is dat die haarlyn op sy kloue amper horisontaal is, wat baie goed is. (Sy vaar het uitstekende kloue!) HC220111 is op BLUP waardes sterk tov melk en skrotumomvang. Sy Seleksiewaardes vir Speenkalf, Groei en Karkaswaarde is baie goed en ondersteun dit dat hy ‘n goeie bul vir die teel van speenkalwers sal wees. Hy is getoets vir die Q204X dubbelbespiering geen en is vry daarvan.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook