HC220095 is geteel uit ALF190140 en aan moederskant gaan hy terug na FCT110073, ‘n bul wat ‘n besonderse bydrae tot ons kudde gelewer het. HC220095 is ‘n bul met goeie lengte en toplyn. Hy toon goeie verdonkering en dra baie vel. Hy het voldoende kapasiteit, ‘n baie mooi gevormde skrotum en netjiese skede. Hy stap lekker gemaklik, waarskynlik omdat hakke so goed is. Nie te regop, nie sekelhakig, net reg! HC220095 is getoets vir die Q204X dubbelbespiering geen en is vry daarvan.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook