HC220121 is ‘n mooi donker, gladde haar seun van ALF190140. Hy is uit ‘n vrugbare moeder, HC140098, wat in 8 jaar 6 kalwers gehad het, al 6 is gespeen met ‘n gemiddelde speenindeks van 98 en ‘n TKP van 374 dae. HC220121 het ‘n mooi sterk bek, toon goeie verdonkering, mooi skofontwikkeling, het ‘n goeie toplyn, funksionele lang stert, hy het besonder goeie kapasiteit en goed gevormde skede en skrotum. Hy het ook goeie hoewe met goeie hieldiepte. Sy lengte-hoogte verhouding is ‘n goeie 1.23. In terme van BLUP is hy sterk op melk en skrotumomvang en in terme van Seleksiewaardes, op Karkas. Hy is getoets vir die Q204X dubbelbespiering geen en is vry daarvan.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook